General

Spin-a-Thon vir fikses én onfikses

THABAZIMBI – Die Spin-a-Thon is nie net vir die fiksste van die fiksstes nie, sê diegene wat verlede jaar aan die Spin-a-thon tydens die Expo deelgeneem het.
Jonk en oud, fiks en onfiks, skoolspanne, besighede, banke of mynspanne: almal word genooi om vanjaar deel te neem aan Kansa se Spin-a-Thon op Saterdag 3 Mei tydens die Expo.
Groepe van vier skryf in vir ‘n trapsessie van 10 minute. Die groot pret is egter om ander spanne uit te daag. So kan verskillende sportspanne of grade by die skool teen mekaar meeding, verskillende besighede kan mekaar uitdaag en kontrakteurgroepe by die myn kan wedywer. Die span wat gesamentlik, die meeste kilometers in dié tyd aflê, wen.
Heelwat pryse kan gewen word. Pryse word toegeken in verskillende kategorieë, insluitende die vinnigste span, die vinnigste man en dame onderskeidelik en individuele naaswenners.
Kansa-lede is tans besig om besighede en myne te nader om spanne in te skryf vir dié pretgeleentheid. Van die besighede het met oorspronklike bydraes vir die Spin-a-Thon vorendag gekom. So byvoorbeeld het Konstructica aangebied om die top tien spanne by die Spin-a-Thon se gesamentlike afstand teen R5 per kilometer te borg.
Alle fondse wat tydens die Spin-a-Thon ingesamel word, is ten bate van Kansa. Verskillende tariewe geld vir leerders, wat R50 per deelnemer is, en volwassenes teen R100 per deelnemer.
Die Spin-a-Thon vind plaas Saterdagoggend van 09:00 tot 13:00 en spanne moet tydgleuwe bespreek. Om spanne te bespreek of vir enige navrae kan Lize by 082 520 8455 of Melissa by 072 620 7897 geskakel word.