General

SAPD fnuik diewe se plan

NORTHAM –  Twee boewe wat gepoog het om ‘n autobank op te blaas, se planne is in die vroeë ure van Saterdag deur die Northam Polisie gefnuik.
Ongeveer drie uur Saterdagoggend het lede van die Northam polisie se misdaadvoorkomings-eenheid twee mans gesien wat ‘n swart sak dra. Hulle was naby die First National Bank in Northam se OTM. Die polisie het hul voertuig verder weg parkeer en die twee misdadigers te voet genader. Die twee mans was besig om hul sak uit te pak.
Die polisielede het die sak deursoek en plofstowwe gevind, waarop onmiddellik beslag gelê is. Dit was duidelik dat hulle beoog het om die OTM op te blaas.
Twee mans, Justice Lehlokoe (18) en Tshepo Nage (24), is gearresteer en aangekla van die onwettige besit van plofstowwe. Beide die beskuldiges het reeds in die hof op Northam verskyn. Hulle bly in aanhouding. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek deur die Georganiseerde Misdaad-eenheid in Polokwane.