Sport

Northam VLU bied gholfdag aan

NORTHAM – Belangstellendes van oraloor het die VLU se gholfdag goed ondersteun.
Saterdag het die gholfbaan op Swartklip gewemel met geesdriftige spelers.  Van vroeg af het die dames van die VLU gesorg dat alles in orde is vir die dag. Daar is sowat drie maande voor die tyd al beplan en bespreek wat op die dag gedoen sou word.   En na wat dit gelyk het het die dames uit hulle pad gegaan om alles in orde te kry vir die dag.
Daar was groot kompetisie met die eerste afslaan, net jammer nie almal se gholf balletjies het  in die rigting gegaan waar die spelers gekyk het nie.  Ja dis die wind wat die bal so skeef laat gaan het het ek iemand hoor skerts. Twee dames het ook aan die kompetisie deelgeneem.
Vir middag ete het die deelnemers lekker jaffels gekry en vir aandete was daar lekker gebraai. Groot pryse was op die spel en die VLU bedank ook al die borge wat gehelp het om die dag moontlik te maak. Die borge het goedhartig hulp aangebied en met die borg van pryse het hulle gesorg dat almal ‘n prysie sou wen.
Die VLU bedank ook vir Swartklip Gholf Klub wat die klub oopgestel het vir die dag. Annetjie van die VLU het genoem dat sonder die gemeenskap se samewerking dit baie moeilik sou wees om die dag so suksesvol te maak.
Die VLU beplan om die gholfdag ‘n jaarlikse gebeurtenis te maak, so die gholfers moet hulle dagboeke oop hou vir die volgende dag.