Entertainment

KunsteGrot lekker bedrywig

THABAZIMBI – So aan die einde van die vakansie word lesers herinner aan die KunsteGrot program vir dié komende kwartaal.
19 April is dit die  E3N-Band met Edrien Erasmus,  Mariëtte Galjaard en Douw Steyn.
9 Mei is dit Cecilia Nel op klavier en stem; Heinrich Pelser op klassieke kitaar se beurt. Senior Burgers kan gratis kom, skakel net eers vooraf om reëlings te tref.
Op 30 Mei gaan  Mari met haar pragtige aanbiedings van immergroen liedjies as voorprogram  tot RiVoToneel met die hul kort, skreeusnaakse komedie, Die Kat kom Weer! Senior Burgers kan die vertoning weereens gratis bywoon, onthou om te skakel.
Die KunsteGrot se tweede bestaansjaar word op 7 Junie gevier met Jak de Priester as gaskunstenaar. ‘n Skaapbraai word daarna aangebied en daar gaan lekker saam gekuier word.
Kaartjies is reeds beskikbaar vir al dié aanbiedings.  Kontak Rita by 083 744 8559.
Die KunsteGrot is die ideale venue vir die aanbieding van enige kultuur/kuns -georiënteerde klasse, hou van vergaderings, dames-oggende, uitstallings, ens.
Indien u sou belangstel, skakel die Bestuur by 083 744 8559.