Business

Kalk gemyn in Koedoeskop?

KOEDOESKOP – ‘n Openbare vergadering word op 23 April om 10:00 by die Jaco du Toit Jagkamp naby Koedoeskop gehou om die publiek in te lig oor ‘n beoogde kalkmyn op ‘n naburige plaas.
Die maatskappy “Continental Cement (Edms) Bpk” prospekteer tans op die plase Nooitgedacht en Krokodilkraal naby Koedoeskop met die doel om oop steengroef-kalkmyne in die omgewing te vestig.
In die middel van die beoogde myne lê die wildsplaas Krokodilkraal van mnr PHS Vorster wat regte verkry het om 45 2ha-eenhede op sy plaas te ontwikkel. Van die eenhede is reeds verkoop en bouwerk het reeds begin. Voorts word verskeie boere in die omgewing se plase (wildsplase en landerye) direk deur die toekomstige mynbedrywighede geraak.
Vir enige verdere navrae in verband met die vergadering kan Gerrit Viljoen by 082 800 3192 geskakel word.