Sport

Junior Gholfspeler na SA Kampioenskappe

THABAZIMBI – Johan Smit, ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Frikkie Meyer het die afgelope skoolvakansie 1 tot 4 April 2008 aan die Suid-Afrikaanse Ope Gholf Kampioenskappe Seuns onder 18 deelgeneem in Kaapstad Durbanville. Johan is tans nog onder 16 en speel vanaf ‘n voorgee van 2.  Sy houe was as volg 77, 79 (156) 74 (230).
Spanne van Ierland, Zimbabwe en Kenia het ook aan die kampioenskappe deelgeneem.
Nog ‘n kompetisie waaraan Johan deelgeneem het was op 6 April 2008 Polokwane Ope.  Sy houe was as volg 75, 73 oor 36 gate.
Hierdie week het Johan aan die South African Junior Foundation kompetisies deelgeneem. Dit was op 8 April – SAJF  Polokwane Junior Ope, 10 April – SAJF Tzaneen Junior Ope en 11 April – SAJF Kameeldoring Junior Ope. Sondag 13 April gaan hy aan die Limpopo Ope kampioenskappe deelneem op Potgietersrus.