Chris Chameleon groot trekpleister by Expo
Chris Chameleon, tans een van die voorste liedjieskrywers en sangers op die Suid-Afrikaanse musiekfront is sekerlik die grootste vermaaklikheidspleister tydens vanjaar se Thabazimbi Expo. Chameleon sal Saterdag 3 Mei vanaf 20:15 tot 21:15 op die hoof verhoog op die rugbyveld optree. Met sy vier-oktaaf stem, sy unieke styl en ongelooflike talent het hy reeds veertien indrukwekkende toekennings gedurende die laaste jaar ontvang. Dit sluit ‘n SAMA toekenning sowel as ‘n Ere medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in. Gedurende die laat negentigs was Chris Chameleon die kroon van die groep “Boo!” een van Suid-Afrika se trotse musikale uitvoerprodukte. Die groep het ‘n uitgebreide kultus navolg gehad by die 800 gigs in die sewentien lande waar hul gedurende sewe jaar opgetree het, insluitend veertien state van die VSA en lande soos Hongarye en Kroasië. In 2004 het Chris Chameleon sy Suid-Afrikaanse drade opgetel met “Ek Herhaal Jou”, ‘n toonsetting van die befaamde 60tiger digter, Ingrid Jonker. Waar hy waarskynlik die grootste aanklank gevind het was met sy rol van Liam in 7de Laan. Die album 7de Hemel het dan ook Platina-status binne 2 maande van sy vrystelling verkry. Moet dus nie vir Chris Chameleon Saterdag 3 Mei op die hoofverhoog misloop nie.