General

“Ons gee om” ontbind

THABAZIMBI – “Ons gee om”, die aksie wat kospakkies uitgedeel het by die staats-hospitaal, het ontbind. Die surplusfondse van hierdie organisasie is aan verdienstelike welsynsorganisasies oorhandig.
Nadat dit vir dié organisasie nie moontlik was om kos te voorsien aan pasiënte by die staatshospitaal nie, is besluit om groentepakkies uit te deel aan behoeftige gesinne. Die instansies wat deel was van “Ons gee om” was egter nie tevrede met hierdie projek nie, wat ook ‘n aantal logistiese probleme opgelewer het.
Tweeduisend rand is aan elk die SAVF (Suid-Afrikaanse Vrouefederasie) en Thabang Children’s Project oorhandig. Thabazimbi Bejaardesorg Trust en Tambotie Versorgingseenheid het elk R1500 ontvang en Geloof in Aksie het R1267-82 ontvang.