NORTHAM – Die bestuur van Northam Platinum myn het bekend gemaak dat een van sy werkers, mnr JM Lethiba, dood in die myn aangetref is na ‘n soektog van ongeveer 48 uur.
Lethiba het nie na sy skof die middag van 20 Maart gerapporteer toe hulle na die oppervlak teruggekeer het nie. Altesaam 32 proto-spanne, mynpersoneel, en drie van die SAPD soek en reddingspanne het aan die soektog deelgeneem. Sy liggaam is die aand van 22 Maart sowat ses kilometer vanwaar hy gewerk het, gevind.
‘n Ondersoek na die oorsaak van Lethiba se dood sal gedoen word in samewerking met die Departement van Mineraal- en Energiesake sowel as met georganiseerde arbeid.
