Lang naweek trek baie besoekers
THABAZIMBI – Die lang naweek het ‘n groot aantal besoekers na die gholfbaan laat stroom. Daar het dan ook ‘n hele paar in Saterdag se Beterbal kompetisie gespeel. Die wenners was Jakkie van der Wateren en Jannie van Graan met 44 punte.
Tweede was Johan en Nita Barnard met 43 punte. Manie Booysen en Annama Denton, twee besoekers was derde met 41. Vierde op ‘n uittel, ook met 41 punte was Louise van Graan en Henry Bredenkamp. Die punte wat gereeld op die baan aangeteken word is ‘n bewys dat die spelers se voorgees in die kol is en dat die baan ‘n ware toets vir die spel is. ‘n Mens hoor gereeld dat beterbal pare op ander bane, punte van 50 en meer aanteken, iets wat baie selde en by uitsondering hier gebeur.
Piet en Alta Venter, albei komitee-lede is tans vir drie maande oorsee. Johan en Nita Barnard is op die komitee in hulle plekke gekoöpteer, blyk ‘n ware aanwins vir die klub te wees. Dis altyd lekker om saam met sulke toegewyde en entoesiatiese mense saam te werk.
Eerskomende Saterdag is dit weer Bosveldliga. Thabazimbi speel op Mooinooi.
Die nuwe reëlboekie is baie interessante leesstof. Die eerste paragraaf, na die inleiding van die etiket afdeling op bladsy 26 som die hele gees van gholf op en lees: “Golf is played, for the most part, without the supervision of a referee or umpire. The game relies on the integrity of the individual to show consideration for other players and to abide by the Rules. All players should conduct themselves in a disciplined manner, demonstrating courtesy and sportmanship at all times, irrespective of how competitive they may be. This is the spirit of golf.” U kan gerus die res van hierdie afdeling weer lees, al is u hoe ‘n gesoute speler.