Jukskeispelers na SA Kampioenskappe
THABAZIMBI – Die keuring vir spelers wat na die SA Kampioenskappe in Kroonstad gaan, het Saterdag 8 Maart in Mokopane plaasgevind. Die wedstryde in die span-afdeling vind plaas van 7 tot 11 April en die dubbels-afdeling vind plaas op Saterdag 5 April.
In die span-afdeling is Alet van Tonder, Sannie Erasmus (leenspeler GN), Bets Els en Adrie Muller (L) gekies vir die Dames-Uniewinkels-span. Vir die Dames-Pikkie Uys-span is Hanlie Kotze, Dina Stander, Jenny Joubert en Zanel Coetzee (L) gekies.
Vir die Mans – Kopersbond-span is Francois van Zyl, Petri Boshoff, De Graaff Genis en Cois van Zyl (L) gekies. Die span wat die Mans 1- Sanlam-span gehaal het, is Chris Swanepoel (L), Paul Els, Fanus Genis en Martin van Rensburg. Die Mans 2-Sanlam-span bestaan uit Freek Stoltz, Dawid Naudé, Theunis le Grange, Danie Stoltz (L) en Basie Stander.
In die Veterane Caltex-span speel Ben Wentzel, Pieter le Roux, Bertus Els en Bossie Liebenberg (L). Die Veterane-Slanghoekspan word opgemaak deur Koos le Roux (L), Tinus Joubert, Berrie Keyter en Giel van Rooyen. Die reserwes is Willie Joubert en Gerhard Booyens.
In die dubbels-spanne is Francois en Cois van Zyl (seun en pa) vir die Mans gekies en Bertus Els en Pieter le Roux vir die Veterane gekies. Adri Muller en Alet van Tonder speel vir die Dames dubbels en Martin van Rensburg en Bets Els vir die gemengde span.
Die spanbestuurders is Basie Stander en Ertjies de Witt.