Verblyf by HFM vir Expo
THABAZIMBI – Verblyf vir besoekers aan Thabazimbi se Expo (1 – 3 Mei) is weer vanjaar by Hoërskool Frikkie Meyer se koshuis beskikbaar. Die akkommodasie maak slegs voorsiening vir slaapplek, nie etes nie.
Daar sal 36 tweebed-kamers en 16 vierbed-kamers beskikbaar wees teen R150 per persoon per nag. Linne word voorsien. Daar is gemeenskaplike badkamers, maar elk met afgeskorte baddens en storte. Dié bekostigbare akkommodasie is binne loopafstand van die feesterrein.
Vir verdere navrae kan Hantie Botha by Hoërskool Frikkie Meyer by telefoonnommer (014) 777 1583 geskakel word.