General

Ses tweekampers van HFM na SA’s

THABAZIMBI – Ses leerders van HFM het  Limpopo-kleure in tweekamp verwerf aan die einde van Februarie nadat die laaste interprovinsiale kampioenskap op 24 Februarie in Boksburg gehou is.
Om te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse tweekamp kampioenskappe moet die atlete aan twee van drie interprovinsiale kampioenskappe deelneem en by elke byeenkoms meer as 2000 punte verwerf. Die vier beste atlete dwarsdeur Limpopo in elke ouderdomsgroep word genooi om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, wat op 21 en 22 Maart in Pretoria plaasvind, deel te neem.
Die ses atlete, en die plekke wat hul behaal het in die interprovinsiale kampioenskappe, is Glenize van Rooyen (4e plek Do/15), Ans-Mari Potgieter (1e plek Ope), Natasha van Tonder (3e plek Do/15), Lize de Villiers (1e plek Do/19), Hendrik Storm (3e plek So/19) en Lourens Boshoff (3e plek So/15).
In die swem-item moet ‘n afstand van 100m afgelê word deur seuns en dogters in al die ouderdomsgroepe, nl o/15, o/17, o/19 en ope-afdeling. Vir die atletiek-item word 1000m deur die dogters en 2000m deur die seuns afgelê.