Northam hengelklub vang baie vis
NORTHAM-Die hengelaars van Northam het verlede naweek weer lyn nat gemaak.
Met die aanvang van die naweek het die hengelaars hulle plekke ingeneem en die lyne met al die getoorde goedjies ingegooi. Dit was duidelik dat die kompetisie ‘n groot sukses sou wees.
Daar was gou na die eerste ingooi ‘n paar vissies uitgetrek. Maar na mate die toorgoedjies meer geur gekry het, het groter vis begin byt. Dit was duidelik dat daar baie vis ingeweeg sou word die volgende dag. Met die verby gaan het die nette in die water baie diep gelê vanweë die baie vis. Alles het die naweek goed gebyt van karp tot moddervis.
Daar was wenners in elke afdeling, nl penkoppe: Theuns Heydenrych was die wenner van die grootste karp. Juniors: Ronwyn Malan was die wenner met Vikus Pretorius 2de en Fhillip Human 3de. Vroue: Christene Swart was 1ste, Annetjie Jordaan 2de en Judith Pretoruis derde. Mans: Tokkie Burger 1ste en 2de, Edwin Aylward 3de.
Die werk by die Konsentrator dam gaan nou vinnig klaar gemaak word. Die ruskamers gaan nou ook binnekort gekoppel word. Die bossies gaan ook aandag kry en die braaie sal klaargemaak word. Dit word alles vir die nabye toekoms beplan. Hou net die dam dop.