Mobiele kampterrein tydens Thaba Expo…
Indien u vanjaar tydens die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo wil uitkamp sonder om jouself te bemoei en verstrengel met allerlei tent penne en kampeer toerusting…wees gerus! Die Kreef Hotel staan gereed om laer te trek vir u gerief!
Die Kreef Hotel het in 2002 ontstaan en is die unieke idee van Chris Grobler (Kreef) wat ‘n gerieflike mobiele tentkamp geprakseer het sodat meer vriende, gemakliker saam kan kuier tydens feeste!
Na bykans 5 jaar het Die Kreef Hotel reeds ‘n groep van meer as 400 aanhangers wat die Hotel rondvolg reg deur die land na verskeie feeste. Jaarlikse instellings vir Die Kreef Hotel sluit in “rockfeeste” soos “Oppikoppi” in Thabazimbi, “Splashy Fen” in Natal, “Up the Creek” in die Suid-Kaap, “Rocking the Daisies” in die Swartland sowel as musiek en kunsfeeste soos die Rittelfees aan die Weskus en die Grahamstad Kunstefees.
Vanjaar word Die Kreef Hotel se rooi tapyt met trots uitgerol in die hartjie van die bosveld by die Thabazimbi Expo!
Die Kreef Hotel se slagspreuk is “Die kalm ding is om belangrik te bly” wat presies verduidelike hoe ons besigheid doen volgends Mnr. Grobler (aka Chris Kreef) “Jy is vir ons belangrik, bly kalm in die malligheid van ‘n fees en laat ons jou tas vir jou tent toe vat met ons rooi kruiwaens
Deel ‘n tent met ‘n maat teen R299 per persoon per nag of deel ‘n dubbel bed met u geliefde teen R299 per persoon per nag. Diegene wat hard asem haal kan hul eie aparte tent bespreek teen R399 per persoon per nag en dan is daar ook ‘n spesiale fees aanbod vir 2 persone wat deel vir vier nagte teen R1099 per persoon.
Met inagneming van al die items wat ingesluit word in die prys naamlik jou tent, matras, linne, ontbyt, vuurmaak plek, braai fasiliteite, warm stort, skoon toilette, 24 uur sekuriteit, elektrisiteit, ‘n haardroeër en selfs iemand om jou bagasie af te pak en na jou tent toe te neem is hierdie verseker ‘n baie unieke en bekostigbare opsie vir gesoute feesgangers en kampeerders!
Sorg dus dat u vroegtydig u kuier en slaap plekkie bespreek by Die Kreef Hotel tydens die Thabazimbi Expo vanaf die 1ste tot die 3rde Mei. Kontak Chris by 082 301 4951 of Tania by 082 788 0399, besprekings kan ook op die webwerf gedoen word www.kreefhotel.co.za