HFM sportdag teen Wonderboom
THABAZIMBI – Behalwe vir die rugby het wintersport-wedstryde teen Hoërskool Wonderboom baie gelykop verloop Saterdag 8 Maart in Pretoria. Van die ses HFM-rugbyspanne het slegs twee hul wedstryde gewen.
Die eerste hokkiespan het 2-0 gewen en die tweede span 0 elk gelykop gespeel. Die o/16A-span het 1-0 gewen en die B-span het 0-1 verloor. Die o/15A-span het 0-1 verloor en die B-span het 0 elk gelykop gespeel. Die o/14A’s het 1-0 gewen en die B-span het 0 elk gelykop gespeel.
Van die tien netbalwedstryde teen Hoërskool Wonderboom het vyf spanne gewen en vyf verloor. Die o/19A’s het 18-25 verloor en die o/19B’s gewen met 15 doele teen 7. Beide die o/17-spanne het verloor (A-span: 9-15 en B-span: 9-10). Beide die o/16-spanne het hul wedstryde gewen met die A-span se telling wat gestaan het op 18-14 en die B-span op 11-9. Die o/15A’s het 12-25 verloor en die B-span het 10-8 gewen. Die o/14A-span het gewen (15-10) en die B-span het 9-13 verloor.
Die enigste rugbyspanne wat hul wedstryde gewen het, was die o/16A-span (13-12) en die o/14A-span (19-17). Die ander spanne het verloor. Die telling vir die eerste span was 17-31, die tweede span 0-27, die o/14B 0-5, die o/15A 10-24, die o/15B 0-39 en die o/16B 0-29.