Vuurwapens gekonfiskeer
MAKOPPA – ‘n Boer van Makoppa, Hendrik Owens, van die plaas Van Wynskraal, is die afgelope week gratis op borg uitgelaat nadat vier ongelisensieerde vuurwapens op sy eiendom gevind is.
Hy is aangekla dat hy onwettig in die besit was van vier jaggewere. Die polisie het die wapens ontdek toe sy vrou, wat ‘n beskermingsbevel teen haar vervreemde man verkry het, deur die polisie vergesel haar besittings by sy huis wou gaan haal. Die wapens is gekonfiskeer, Owens is aangehou en het in die hof verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van vuurwapens, waarna hy op borg vrygelaat is.