Sport

Suksesvolle baarskompetisie vir Northam Hengelklub.

SETARIA – Verlede Sondag het Northam Hengelklub hulle eerste baars-kompetisie aangebied vir die jaar.
Die heerlike somerweer het vir ‘n lekker visvangdag gesorg. Dit was net ‘n dag-kompetisie met ‘n prysgeld van R1000 vir die wenner.  Die kompetisie was oop vir almal en daar was baie inskrywings.  Die dam is nou weer vol nadat dit ‘n bietjie aan die leë kant was, maar met die goeie reën die afgelope tyd het die dam se vlak mooi gestyg.
Die wengewig was 1,012 kg en dit het aan Rudy Smit behoort. Dit was sy laaste “alleen” vangs vir die jaar want in die week word sy eerste kind gebore.  Die komitee en al die lede wil hom geluk wens met sy “goeie werk”.
Saterdag 8 Maart begin ‘n naweekkompetisie by die Konsentrator dam. Dit begin om 12:00 Saterdag en duur tot Sondag 9 Maart om 12:00.
Die volgende groot kompetisie word aangebied op 12 en 13 April by die Roodekoppiesdam as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek vir Abraham Kriel Kindersorg in Johannesburg. Donasies, kos, en klere word ingesamel vir die kinderhuis en almal word versoek om bydraes te lewer. Daar is groot pryse op die spel.
Enige navrae oor die hengelkompetisies of die fondsinsameling kan aan Ronnie du Toit by 073 665 8169 of Pieter Evert by 082 570 3968 gerig word.