General

Bonsmara-veiling in R2,3m

ELLISRAS – Die verkoop van meer as 600 stuk Bonsmara tipe en Simbra tipe beeste op 22 Februarie by die Ellisras Veilingskrale het die verkoper, PJ van der Walt, R2,382,700 in die sak gebring. Daar was altesaam 516 beeste en 87 kalwers opgeveil by die vierde aanteelveiling van PJ van der Walt.
Altesaam 60 verse minder as 250 kg is verkoop met ‘n gemiddelde waarde van R3253 met die hoogste prys vir een wat R3700 gehaal het. Twee-en-twintig tollies minder as 250 kg is verkoop met ‘n gemiddelde waarde van R2698 en die hoogste prys vir een was R2950. Twintig koeie teen gemiddeld R4350 is verkoop. Die een wat die hoogste waarde gehaal het, is vir R4500 verkoop.
Altesaam 250 verse is verkoop en hul gemiddelde verkoopprys was R4617 en die duurste het gegaan vir R7700. Daar was 87 koeie, elk met een kalf en hul gemiddelde prys was R7040, met die hoogste prys vir ‘n koei-en-kalf-paar R8100. Die tollies van meer as 250 kg was 77 in totaal en hul gemiddelde prys was R3563 met R3800 die hoogste prys vir een .