Tweede plek vir HFM swemmers

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het tweede geëindig in die Interhoër Swemkampioenskap wat Woensdag 20 Februarie in Rustenburg gehou is. Rustenburg Hoërskool was eerste en Hoërskool Brits derde.
Altesaam nege skole het deelgeneem. Die ander skole was Lichtenburg Hoërskool, Wagpos Hoërskool (Brits), Bergsig Akademie, Selly Park High, Fields College en Grenville High (almal van Rustenburg).
Drie individuele HFM swemmers het goue medaljes verower en drie aflosspanne van HFM het eerste plekke behaal. Rhoné Rheeders was eerste in die Vlinderslag en Individuele Medley (IM) vir D/ope. John Johnston het ‘n goue medalje ontvang vir die Borsslag S/ope en Charl Reynecke vir die Kruipslag S/ope. Die Do/14-span het eerste gekom in die Medley aflos, en die D/ope het eerste plek behaal vir die Medley- en Kruipslag-aflos onderskeidelik. In die Kruipslag-aflos vir S/ope het HFM ook eerste plek behaal.
Lourens Boshoff het drie silwer medaljes ontvang vir Vlinder- en Kruipslag (So/14) en die IM (So/15). Wickus Stevens het twee silwer medaljes gekry vir die IM en Vlinderslag S/ope. Anzel Roux (Rugslag Do/14), Duan Minnaar (Borsslag So/15), Ashley Venter (Borsslag Do/14), Anri Prinsloo (Borsslag Do/16) en Marie Pienaar (Borsslag D/ope) het elkeen ‘n silwer medalje ontvang.
In sewe van die aflos-items was HFM tweede. Die So/14 was tweede in die Medley, sowel as die Kruipslag. Die Do/14 was tweede in die Kruipslag-aflos, die So/16 tweede in die Medley, die D o/16 tweede in die die Kruip-aflos , die S/ope tweede in die Medley en die Do/15 tweede in die Kruipslag-aflos.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.