General

Sakekamer weer op dreef

THABAZIMBI – Besighede, sakemanne en entrepreneurs wat hul gewig by die  Thabazimbi Sakekamer, wat weer volstoom aan die gang is, ingooi sal hul stem kan laat hoor waar dit dorpsake aangaan. Een van die eerste sake op die agenda is die nuwe waardasies van eiendomme.
Die eerste vergadering neem die vorm aan van ‘n ken-mekaar-aand op Vrydag 7 Maart. Dis ‘n goeie geleentheid om ander besigheidsmense in die dorp te leer ken en te “netwerk”. ‘n Gasspreker wat besigheidstrategie bespreek sal die aand teenwoordig wees. Later sal daar lekker gekuier en geskoffel word.
Die Sakekamer se doel is om die belange van soveel as moontlik sakemanne in die dorp te verteenwoordig en daarom word ‘n beroep op alle besigheidsmense gedoen om aan te sluit en die Sakekamer so dinamies en effektief moontlik te maak.
Die nuwe bestuur bestaan uit die voorsitter, Daleen van der Merwe, die ondervoorsitter, Gys van der Walt, die sekretaris, Tokkie Swanepoel, en die tesourier, Riana Bekker. Addisionele lede is Stefaans Botha, Kobus van der Merwe, Mervin Milner, Kobus Brits, Edward Strick en Gerhard Ooshuizen.
Vir verdere inligting kan  Riana Bekker by tel (014)777-1443 of Tokkie Swanepoel by tel (014)777-1603 geskakel word. Die faksnommer vir die Sakekamer is 086-605-7294 en die e-pos-adres is thabakoophandel@gmail.com. Belangstellendes wat die ken-mekaar-aand wil bywoon moet voor 4 Maart vir Tokkie of Riana laat weet.