HFM behaal tweede plek by Interhoër-atletiek
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het tweede uit sewe skole geëindig by die Interhoër atletiekbyeenkoms die afgelope naweek in Potgietersrus. Verlede jaar het HFM vyfde geëindig by dieselfde byeenkoms.
Hoërskool Piet Potgieter was eerste met 651,8 punte, HFM was tweede met 488,5 punte en Hoërskool Ellisras derde met 469 punte. Vierde was Hoërskool Warmbad met 385,8, vyfde Hoërskool Nylstroom met 384,3, sesde Hoërskool Ben Viljoen met 306 en sewende Hoërskool Hans Strijdom met 296,8 punte.
Die eerste ses posisies besorg punte vir ‘n skool in elke item. HFM het 23 eerste plekke behaal (elk 7 punte werd), 19 tweede plekke en 23 derde plekke. Dan was daar 21 vierde plekke, 31 vyfde plekke en 15 sesde plekke.
Die volgende leerlinge het eerste plekke behaal: Liandri Botha (Do/14 HS), Marthinus van den Berg (So/14 GS en 200m), Regardt Hefer (So/16 Spiesgooi), Anita van Tonder (Do/16 100m en 200m), Lize de Villiers (Do/19 VS en 400mH), Martin Meintjes (So/16 100m en 400m), Gert Hefer (So/14 SG), Niel Koekemoer (So/16 400mH en 200m), Cherondé Oosthuizen (Do/17 400mH), Leonette van Rensburg (Do/15 300mH), Glenize van Rooyen (Do/15 200m en 400m), Aaron Motlhabane (So/17 400m) en Helena Laing (Do/16 SG). Glenize is aangewys as die derde beste dogter van die dag nadat sy 973 Absa-punte behaal vir die 400m Do/15.
Vier aflosspanne het ook eerste plekke behaal. Hulle is Do/15, So/16, Do/17 en Do/19.
Die HFM dirigente was aangewys as die derde beste en HFM was saam met Piet Potgieter tweede beste in die sang-afdeling. Hoërskool Ellisras het beide die dirigente- en sangbeker gewen.