General

Jaarlikse HFM Gholfdag in Mei

THABAZIMBI/BELA-BELA – Die jaarlikse Frikkie Meyer Borgskap Gholfdag vind vanjaar op Donderdag 8 Mei by Zebula Country Club (vroeër bekend as Mabalingwe) plaas. Die formaat is ‘n tweespeler Beterbal met ‘n 2 T-begin wat om 08:45 begin met 8 minuut tussenposes. Spelers kan reeds van half-agt registreer en ontbyt geniet.
Die borgskap-opsies wat bestaan, is R2000 vir twee spelers sonder voorgee of R4000 vir vier spelers sonder voorgee. Elkeen van die 18 putjies kan vir R1000 ge”koop” word, wat die borg toelaat om promosiemateriaal by die putjies te adverteer.
Die program begin met registrasie om 07:30 waartydens registrasiepakkies met, onder andere, hemde ontvang word. Ligte ontbyt word om 8 uur genuttig. By Halfway House word middagete genuttig en die prysuitdeling vind om 16:00 plaas. Laastens is daar ‘n veiling van gedenkwaardighede.
Vir die nie-gholfspeler is daar geleentheid om op ‘n drie-uur-lange wildbesigtigingstoer of vierwiel-motorfiets-ritte te gaan of behandelings by die spa te ontvang. Besprekings hiervoor moet by Zebula gedoen word.
Deelname aan borgskappe moet voor 11 April by die organiseerders bespreek word. Vir verdere inligting kontak Ronél Groenewald by tel (014)777-3273 of Rodney Hall by (014)777-3189.