Frikkies maak gereed vir Interhoër

NYLSTROOM – In ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms op Nylstroom Vrydagaand 15 Februarie het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) sewe van die tien aflosse gewen en vier nuwe rekords opgestel.
Sanlie van den Brink (D o/17) het ‘n rekord opgestel in die 100m H wat sy binne 15,5 sekondes afgelê het. Leonette van Rensburg het ‘n rekord opgestel in die 300m H vir D o/15  toe sy die item in 46,90 sekondes afgelê het. Twee HFM aflosspanne het ook rekords opgestel, nl die D o/15 en die D o/17. Die D o/15 aflosspan het die vorige rekord van 52,3 sekondes verbeter na 52,1 sekondes. Die D o/17 se aflos is binne ‘n tyd van 52,80 sekondes afgelê.
Die byeenkoms, waar Hoërskole Frikkie Meyer, Nylstroom, Hans Strydom (Naboomspruit), Willowridge (Pretoria) en Generaal Hertzog (Witbank) teenwoordig was, was die laaste voorbereiding vir die Interhoër wat Saterdag 23 Februarie op Potgietersrus plaasvind.
Die skole wat aan Interhoër deelneem is Hoërskole Ben Viljoen (Groblersdal), Frikkie Meyer, Piet Potgieter (Potgietersrus), Hans Strydom (Naboomspruit), Ellisras, Warmbad en Nylstroom.
Saterdag 16 Februarie het die streeks-atletiekbyeenkoms in Ellisras plaasgevind. Twaalf atlete van HFM het gekwalifiseer om aan die provinsiale proewe op 8 Maart in Polokwane deel te neem. Deelname word beperk tot ouderdomsgroepe o/15, o/17 en o/19. Hulle is Glenize van Rooyen (D o/15 100m, 200m en 400m), Natasha van Tonder (D o/15 VS), Anita van Tonder (D o/15 100m en 200m), Leonette van Rensburg (D o/15 300m H), CJ Roets (S o/19 800m), Arné Cilliers (S o/19 HS), Aaron Motlhabane (S o/17 800m), Sanlie van den Brink (D o/17 100m H, 100m en 200m), Lize de Villiers (D o/19 400m H, VS en SG), Marina Hermann (D o/19 GS), Jacques Paine (S o/17 VS en HS) en Rudí Opperman (S o/17 GS).

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.