General

Dertien goues vir Laerskool TBZ

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het dertien eerste plekke, sewe tweede plekke en agt derde plekke behaal in die Area-atletiekbyeenkoms wat verlede Vrydag in Modimolle gehou is. Naelloop- en hekkiesatlete wat eerste en tweede plekke behaal het en langafstand- en veldatlete wat eerste, tweede en derde plekke behaal het neem môre, Saterdag 16 Februarie deel aan die streeksbyeenkoms, in Ellisras.
Die atlete wat eerste plekke behaal het is Chriszaan Strauss (70m H, 80m en VS, S o/10), Conré van Rensburg (80m H, S o/13), Danian Strauss (150m H, S o/12), Tsiimiswa Nemavola (60m en 80m D o/7), Bevan Strauss (100m en 150m, S o/12), Thato Mbewe (80 m S o/9), Francois Buys (HS S o/10), Ryno Dumond (HS, S o/11) en Benita Erasmus (GS, D o/11).
Tweede plekke is behaal deur Conré van Rensburg (200m H en 100m, S o/13), Morongwa Mashiane (70m H, D o/11), Marco Myburg (60m, S o/8), Xavier Kock (100m, S o/10), Nadia van der Linde (80m, D o/9) en Jessica Swemmer (VS, D o/11).
Derde plekke is behaal deur Bevan Strauss (VS S o/12), Thato Mbewe (60m, S o/9), Nadia van der Linde (60m D o/9), Ka-Ria du Toit (HS, D o/12), Esther Chilamwa (GS, D o/13), Charlize de Beer (GS, D o/12), Monique van der Merwe (VS, D o/12) en Silo Sebolai (HS S o/11).
Een vierde plek is behaal deur Sonja Pieterse (HS D o/13).