Geliefde Thabazimbiër oorlede

THABAZIMBI – ‘n Bekende en geliefde inwoner van Thabazimbi, Ansie Otto (53), is Dinsdagnag ná ‘n lang stryd teen kanker in die La Femme Kliniek in Rustenburg oorlede. Die begrafnis vind Maandag 11 Februarie om 11:00 in die AGS Kerk, Thabazimbi plaas.
Ansie, met haar deernis vir ander, was ook ‘n lid van Helpende Hande, ‘n organisasie wat kankerpasiënte ondersteun, die afgelope drie jaar. Sy sal onthou word deur haar vriende, familie en Helpende Hande-lede vir haar ewig positiewe uitkyk en liefdevolle gesindheid.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.