Entertainment

E3n (Edrien) vir die eerste keer in haar tuisdorp

THABAZIMBI – Edrien Erasmus, wat hier in Thabazimbi groot geword het, keer op 19 April  terug na haar “Home-town” om weer haar talente op die verhoog te wys. Sy is die “vocalist” in die groep “E3n”. Die band bestaan uit drie permanente lede, naamlik Edrien, Mariëtte Galjaard en Douw Steyn.
Edrien is in Standerd 6 (Nou Graad 8) Pro-Arte Alphenpark toe in Pretoria waar sy matrikuleer het. Daarna was sy by Technicon Pretoria, waar sy die eerste 6 maande Drama studeer het. Die laaste deel van 2000 is sy Potch toe waar sy Onderwys geswot het tot 2003.
Haar eerste liefde was Drama, maar met verloop van tyd het sy ‘n liefde vir musiek en sang ontwikkel. In die koshuis het haar paadjie met diè van Mariëtte Galjaard gekruis. Mariëtte is ‘n pianis en liedjieskrywer en vanaf 2002 maak hulle saam musiek.
In 2002 was Edrien tydens PUK se Kampus Talentfees die kategoriewenner van Ligte musiek individueel. Haar demo-album, “Big-Ben” het in 2003 die lig gesien. Haar produksie “Visvrou, ‘n kabaret” was te sien by Innibos 2004 waarvan sy die skrywer was en die hoofrol vertolk het.
Sy was een van die top 13 finaliste tydens Crescendo 2004 met haar lied “Skulp van my hart” wat Mariëtte getoonset  het. Sy was ook een van die Kunstenaars tydens Aardklop 2006 by die Produksie “Ons twee kom ‘n langpad” met begeleiding deur Mariëtte Galjaard, Douw Steyn en Wouter van der Venter. Ander Kunstenaars wat betrokke was in die produksie sluit in, Christa Steyn, Jannie du Toit, Chris Chameleon & Lize Beekman, om maar ‘n paar te noem.
Edrien se debuut album “Huisie in die stad” het in Maart 2006 die lig gesien. “Afrikaanse Klip-kabaret”, is haar benaming vir hulle styl- (“rock-cabaret” ,as jy dit wil vertaal). Tydens Innibos 2007 was sy in die produksie “Kappiekommando” waarvan sy ook medeskrywer was saam met Sorina Erasmus (7de laan se Witbank-flooze) en Mariëtte Galjaard. Met Leon Ecroignard as regisseur.
Mariëtte is ‘n pianis en kitaarspeler, Douw is self ook ‘n kitaarspeler en Edrien is die “vocalist”. Die program bestaan uit 15 oorspronklike liedjies wat wissel van Jazz tot Blues, Kabaret en selfs “rock”, sonder om op tone te trap of volksvreemd te wees. Hulle belowe ‘n emosionele “roler coaster” met humor en huil in dieselfde sin.
Later hierdie jaar sal sy ook haar verskyning maak in twee musiek blyspele “Houtkruis” en “Ons vir Jou” (Die Koos De La Rey Storie) wat beide in die Staatsteater Operahuis sal wys.
Indien julle ‘n voorsmakie van die musiek wil hê, gaan loer gerus by www.myspace.com/e3nband.