General

Dankie vir brug – Marius Schrenk

Die brug oor die Sandrivier op die Rooiberg grondpad se aanloop het verlede week 50% weggespoel. Dit het gebeur omdat die dreineringspype onder deur die pad oor die vlei langs die rivier ver omtrent 1km verstop is. Die brug se aanlope het ook in 2000 weggespoel.Toe is dit deur John & Peter Trollope herstel.

Die brug is nou weer op 29/1/08 herstel. Raai deur wie? Dankie aan John Trollope vir die 300 kubieke meter klip wat julle aangery het. Dankie ook aan Khumba vir die klip, Willie Roux vir die bull dozer en Collen Hallowell vir die toesig en organisering op die brug. Ook Jorge Ferreir vir sy masjinerie en arbeid.

‘n Laaste woord van dank aan die Departement van Werke (Paaie) wat oor die brug kom ry het nadat dit herstel is en sonder om uit te klim weer weggery het. Julle hulp word baie waardeer. Daarsonder sou die brug nog maande onbegaanbaar gewees het. Julle mag nou maar julle “Road Closed / Occasional Flooding” borde verwyder.