BOSBENUTTING BOEREDAG DWAALBOOM OBARO
DWAALBOOM – WESagri in samewerking met Dwaalboom Obaro, bied Vrydag 15 Februarie om 10:00 ‘n bosbenutting, Boeredag aan.
WESagri verskaffers van die Bosvark, ‘n veeldoelige bosbeheermasjien, gaan u wys hoe die ontbossing gedoen word. Boere gaan dus sien hoe doeltreffend en vinnig die masjien sekelbos afsny, om jou plaas van bosindringing terug te herwin. Die volledige proses wat die bos deurgaan, vandat dit gesny is, tot in ‘n voermengsel vir jou wild en beeste, sal ook die dag gedemonstreer word. Jy roei nie net die bosindringing uit nie, jy benut die bos ook tot jou eie voordeel met die voer, dus twee vlieë met een klap. Die koste wat mens aangaan met die aankoop van die ontbossingmasjien, kan jy doeltreffend terug genereer, deur jou eie voer, brandhout, of houtskool (charcoal) te vervaardig. Die Bosvark is ‘n meerdoelige masjien, met ‘n aparte ontbossingkop en laaigraafkop. U kan ook ‘n vurkhyser opsioneel aankoop, wat ‘n drie-in-een gebruik bied. Die snykop wat plaaslik vervaardig word, is ontwerp om die weerstand van die Bosveld hardehoutsoorte soos die Akasia spesies en sekelbos te kan weerstaan. Hierdie snykop of vurkhyser word in die plek van die standaard laaigraaf gemonteer deur gebruik te maak van dieselfde anker penne. Die Bosvark is toegerus met ‘n onafhanklike beheer kontrole klep wat die hidroliese motor en snylem aktiveer en ‘n wringkrag van 55Nm teen 1500 r.p.m. op die lem te plaas, wat 7.5kw gebruik. Die sirkelsaaglem wat aan die voorpunt van die snykop gemonteer is, verseker voldoende sigbaarheid om na links en regs, horisontaal en selfs van enige hoogte van die masjien tot op grondvlak te kan sny. Persone wat graag die Boeredag wil bywoon kan Dwaalboom Obaro, voor of op Woensdag 13 Februarie skakel by (014) 778 0611 of Gerhardt by WESagri by 083 570 1966.