Sport

Swemmers vaar goed by NT Kampioenskappe

THABAZIMBI – Tydens die afgelope vakansie het drie van tien Thaba Tuks swemmers besonder goed gevaar teen sterk kompetisie in die Noord-Transvaal Kampioenkappe. Die beste swemmers van Gauteng, soos Gerhard Zandberg, Cameron van der Burgh, Mandy Loots en Karin Prinsloo het ook deelgeneem aan die kompetisie wat van 1 – 4 Desember in Pretoria gehou is. In elke item is twee maal geswem: soggens word die agt swemmers met beste tye in die uitdunne gekies om in die aand in die finaal mee te ding. Volgens Helene Stevens, afrigter, was dit reeds ‘n prestasie om onder die top tien swemmers te eindig. Al die Thaba Tuks swemmers se voorbereiding was so beplan dat hulle, hul beste tye sou behaal tydens hierdie kampioenskap. Anri Prinsloo het vyfde geëindig in die 200m Borsslag en word aangewys as reserwe in die 100m Borsslag. Wickus Stevens eindig vyfde in die 400m Vryslag en verbeter sy eie rekord met 10 sekondes. Hy wen ‘n bronsmedalje (derde plek) vir die 200m Borsslag en verbeter sy eie tyd met 11 sekondes en behaal ‘n sewende plek in die 50m Borsslag. Rhone Rheeders wen ‘n silwer medalje vir die 400m IM, vierde plek vir 200m Vlinderslag en 8ste plek in die 200m Rugslag.