Sport

Gholbaan se puik kondisie hou goeie belofte

THABAZIMBI – Die nuwe jaar is reeds goed op pad. By die gholfklub is al die lede vol moed dat die nuwe jaar net goeie beloftes inhou. Na die goeie reën is die baan in puik kondisie en die ruveld ‘n nagmêrrie, iets wat nie die klub se lede se entoesiasme sal demp nie. Die eerste amptelike kompetisie het Saterdag 5 Januarie met ‘n IPS-kompetisie afgslaan en die dames het sommer van die staanspoor af hulle stemme dik gemaak. Nita Barnard (35) en Jeanetta Rall (35) is die wenners. Carel Payne(33) en Hendrik van Niekerk (33) was darem ook in die pryse. Die eerste Slagspel van die jaar is Saterdag 12 Januarie gespeel. Die wenners was Johan Barnard (70), Louise van Graan (73), Piet Venter (73) en Nita Barnard (74). Vanaf 1 Januarie is sekere drywers onwettig. Die van u wat dalk twyfel oor u drywer se wettigheid en oor die Internet beskik kan gerus by www.randa.org gaan kyk. Volg die aanwysings “Rules”, “Equipment” en “Driving clubs”. U sal volgens die reëls geen kompetisie kan wen as u drywer onwettig is nie. Dan verander daar ook verskeie reëls vanaf 1 Januarie. Die belangrikste is dat u in die toekoms u bal in ‘n hindersnis sal kan optel om te identifiseer (nadat u dit gemerk het) en dus gestraf gaan word indien u ‘n verkeerde bal gespeel het. Die ou reël 15-3 verval dus. Nuwe reëlboekies behoort binnekort beskibaar te wees. Die klub spog tans met agtien Sages-lede. Daar gaan vanjaar ook drie Sages byeenkomste hier by die klub gespeel word. Die eerste byeenkoms van die jaar is op Donderdag 17 Januarie op Naboomspruit wanneer die Algemene Jaarvergadering ook gehou gaan word. Sages is vir spelers ouer as 50 jaar. SAGES staan vir “South African Golf Embassadors Society”. In die Oxford Dictionary word ‘n Sage as “Wise, judicious, experienced, very wise man” aangegee. Saterdag 19 Januarie speel die Oues weer teen die Jonges. Nico van der Westhuizen doen diens. Die volgende Saterdag is dit ‘n Beterbal Stableford, met Alta Venter wat aan diens is. Pare sal getrek word. Saterdag 2 Februarie is dit Individuele Bonus Syferspel (Bogey) en Louise van Graan sal die diens doen.