Fakkels aangesteek tydens HFM “geesvang”
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het 2008 Dinsdagoggend seremonieel afgeskop met ‘n “geesvang”-geleentheid. Fakkels is aan die brand gesteek, die matrieks het in ‘n optog om die atletiekbaan geloop en rasieleiers het opgetree. Daar is ook hard gesing; dit blyk selfs die onderwysers het probeer gees vang met hul sang(skree?)item! Die geleentheid was deels ter voorbereiding van die interhuis-atletiekbyeenkoms vandag (Vrydag 18 Januarie), waarvoor die uitdunne die afgelope week plaasgevind het. Gedurende die opening is twaalf fakkels deur die hoofseun en –dogter, CJ Roets en Lize de Villiers, aangesteek. Die twaalf fakkels is verteenwoordigend van die twaalf hoof akademiese, sport- en kultuuraktiwiteite en verteenwoordig sukses en prestasie. Dié deel van skoolgaan is mos lekker…