Druiwefees reeds in volle swang
NYLSTROOM – Die Nylstroom Druiwefees, wat van Donderdag tot Sondag duur, is reeds in volle swang op die rugbyveld by Hoërskool Nylstroom, reënweer ten spyt. Die fees hou hierdie jaar ‘n dag langer aan en ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite sal feesgangers van vroeg tot laat besig hou. Die aktiwiteite sluit in Mej Druiwefees-kompetisie vir die pragtige Bosveldmeisies, ‘n Mnr Perfekte Lyf-kompetisie vir die warm boerseuns en natuurlik ‘n baba-en kleuterkompetisie vir die oulike jonges. Vir die fietsryers sal daar Saterdag ‘n fietswedren wees en hul kan daarna ‘n lekker doppie saam met die res van die feesgangers in die biertent geniet. Verder sal die Druiwefees vermaak uit die boonste rakke bied met kunstenaars soos Jakkie Louw, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Ettiene Steyn, Karen Ferreira en vele meer. Kom geniet die fees saam met die inwoners van Nylstroom, jy sal nie spyt wees nie. Vir verdere inligting kontak Jossie: 083 230 5805 of Johanna: 082 928 6337 of stuur e-pos aan navrae@druiwefees.co.za.