Voëls van die Bosveldkompetisie het ‘n wenner

THABAZIMBI – ‘n Gelukkige me Francis Lemmer van Thabazimbi is as die wenner van die Voëls van die Bosveldkompetisie aangewys. Die Kwêvoël het verskeie inskrywings van lesers, so ver as Vaalwater en Lephalale, ontvang. Francis sê dat sy al vir baie kompetisies ingeskryf het, maar hierdie die eerste een is wat sy gewen het. Sy sê ook dat sy baie in voëls belangstel en dat haar prys vir haar van waarde is. Die kompetisie het behels dat jy ‘n vraag beantwoord en dan jou inskrywing met die antwoord na Die Kwêvoël stuur. Wees gerus maar op die uitkyk vir hierdie kompetisies wat in die toekoms op ‘n meer gereelde basis aangebied gaan word.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.