Thabazimbi Voetslaanklub vat Drakensberge aan
THABAZIMBI – Vier Thabazimbiërs, Hugo Coetzee, Pieter de Klerk en Lucas en Elsebie van Aswegen het 12-17 November die Drakensberg Staproete aangedurf. Die eerste twee dae het die groepie verby die bekende piek, Sentinel, gestap. Hier moes die stappers kettinglere gebruik om tot op die Plato te klim. Op die Plato het die Tugela-rivier sy oorsprong en word sy eerste waterval gevind. Die weer was onstabiel en die stappers sê daar kan van donderstorms tot sonkynweer in een dag op die berg ondervind word. Vir die volgende vier dae het die groep vanaf die Cathedral Park Hotel op die Mlamboya pas gestap. Na twee dae is die Drakensbergeskarp bereik van 1500m vertikale hoogte. Die laaste ernstige klim is gedoen tot in Lesotho en die Voetslaanklub het langs die Kwakwatsi-rivier gekamp. Hugo sê dat hy nie woorde het om te beskryf hoe asemrowend die grootsheid van die Drakensberg-area is nie. Die Thabazimbi Voetslaanklub wil aan alle Thabazimbiërs ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2008 toewens. Vir verdere navrae oor die Voetslaanklub kontak Hugo Coetzee: 014 772 1836 of 082 562 5774.