General

Hernuwing van vuurwapenlisensies

THABAZIMBI – Die Suid- Afrikaanse Polisiediens herinner houers van vuurwapenlisensies, vuurwapenpermitte en -magtigings wat tussen 1 Julie en 30 September verjaar, om hul lisensies vóór die afsluitdatum van 31 Maart 2008 te hernu. Indien nagelaat word om aansoek te doen vir die hernuwing van vuurwapenlisensies, en die persone word aangekla, vervolg en skuldig bevind, kan tronkstraf van 1 jaar of tronkstraf en ‘n boete opgelê word. Skuldigbevinding aan hierdie oortreding kan beteken dat ‘n persoon nie weer ‘n vuurwapen mag besit nie. Alle vuurwapenlisensies wat onder die vorige vuurwapenwet (van 1969) uitgevaardig is, sal vanaf 1 Julie 2009 ongeldig wees.Indien ‘n persoon nie sy/haar vuurwapenlisensie wil hernu nie, moet van wapens op een van die volgende maniere ontslae raak. Met toestemming van die Vuurwapenregister kan die wapen deur ‘n geakkrediteerde wapensmit gedeaktiveer word. Die wapen kan ook verkoop word aan ‘n erkende wapenhandelaar of geakkrediteerde wetspersoon. Om ‘n wapen permanent uit te voer of aan die Polisie te oorhandig om tot niet gemaak te word is nog maniere om daarvan ontslae te raak. Vir meer inligting kan die SAPS se webtuiste by www.saps.gov.za besoek word of die oproepsentrum by (012) 353-6111 of plaaslike vuurwapenbeampte by (014) 777-3522/24 geskakel word.