General

Geniet jou Kersdagete by Thaba Nkwe

THABAZIMBI – Vanjaar bied Thaba Nkwe Bushveld Inn en Restaurant by Thabazimbi nie net ‘n uitstekende Kersete aan nie maar daar is ook groot ruimte om gedurende die vakansie jou gesin daar te bederf. Die Kersete word op 25 Desember vanaf 12:30 tot 14:30 aangebied en bestaan uit ‘n uitstekende 3-gang maaltyd. Daar is ‘n verskeidenheid van Carvery, Gebakte groente, slaaie, brood en patee tot ‘n garnaal voorgereg en nagereg. Daarby ontvang jy ook nog ‘n drankie met jou aankoms. Die gesellige warm atmosfeer vanThaba Nkwe se hoë grasdak-restaurant gaan beslis bydra tot ‘n gesellige ete en lekker saam kuier. Koste beloop R130 per persoon alhoewel kinders onder 12 jaar slegs R40 hoef te betaal. Bespreking is noodsaaklik en sluit op 20 Desember 2007. Die restaurant bied gedurende die week en naweke ‘n gewone A la Carte spyskaart met heerlike geregte. Thaba Nkwe is sowat 5 km uit op die Sentrum/Lephalale (Ellisras) pad. Kyk uit vir die groot hek met ‘n luiperd op linkerkant. Thaba Nkwe, Berg van die Luiperd, is ‘n privaat wildplaas en beskik oor ‘n verskeidenheid van wild. Die plaas, wat 300 hektaar beslaan , is tussen die koppies geleë. Tydens die reënseisoen is daar ‘n koelwaterstroompie wat uit die omliggende berge ontstaan. Hier is daar uitstekende plantelewe en letterlik honderde boomspesies. Thaba Nkwe Bushveld Inn beskik ook oor B&B fasiliteite. Hierdie kamers is onder die skaduryke bome en vol lewe van Bosveld eekhorings en talle voëls. Daar is ook houthutte, elk met sy eie privaat braaigeriewe. Die houthutte deel ‘n moderne ablusiefasiliteit en is reg langs die swembad, waar die restaurant en kroeg ook is, geleë. Die restaurant, met sy luiperdtema, bied sekerlik die beste geregte in hierdie deel van die Bosveld. Die grasdakkroeg binne die restaurant is ten volle gelisensieer en die kompleks kan bespreek word vir privaat funksies, troues en konferensies. Gaste kan op die houtdek net buite die restaurant ontspan terwyl hulle oor die tuin en swembad uitkyk. Braaifasiliteite word ook by die swembad voorsien. By Thaba Nkwe is daar uitstekende staproetes. Voëlkykers sal nie hier teleurgestel weggaan nie. Daarby is daar perderitte en kan wildritte ook geakkommodeer word. Kontak hulle by 014 77 22710 vir meer inligting. Thaba Nkwe – Daag op as ‘n gas en vertrek as vriend.