Fotokompetisie

Hierdie Nonnetjies Uil is deur Paula Repko van Die Kwêvoël in die Rustenburg omgewing op film vasgelê. Paula sê dat sy self verbaas was toe sy die resultaat sien aangesien sy die uil nog boonop in die donker moes bekruip. Hier in die bosveld met sy ryk voël en dierelewe kry inwoners geleentheid om iets af te neem wat die mense uit die stede net oor kan droom. Spandeer gerus hierdie vakansie bietjie meer tyd met jou kamera en stuur aan ons jou vakansiefoto’s. Volgende jaar gaan ons afskop met ‘n lekker fotokompetisie van al die vakansiefoto’s.
