Bulletjie afsluiting word
THABAZIMBI- Die bulletjies van Laerskool Thabazimbi het Saterdag hulle jaarlikse afsluiting gehou. Na ‘n harde jaar van rugby speel het die bulletjies baie uitgesien na die afsluiting. Dit was gehou by ‘n lodge net buite Thabazimbi. Van vroeg af het die bulletjies geswem, aan boeresport deelgeneem en op die water glybaan gegly. Daar is gebaljaar en gelag terwyl die ouers lekker saam gekuier het. Terwyl die braaivleis vure in die agtergrond geknetter het, het die reuk van braaivleis in die lug gehang. Al die bulletjies het sertifikate ontvang asook klein rugby balletjies waarmee die bulletjies sommer dadelik weer rugby gespeel het. Met die naderende reën weer het die dag laat tot ‘n einde gekom. Die 0/8 bulletjies is sterkte toe gewens vir volgende jaar wanneer hulle vir die “groot skool” rugby sal speel, en vir die 0/6 en 0/7 sien die afrigters uit om hulle weer verder te leer rugby speel volgende jaar.
