Nog vakansieplek vir laatslapers
As u op die nippertjie besluit het om tog ‘n wegbreekkans hierdie Desembervakansie te neem, daar is hoop om iewers in die land ‘n blyplek te kry. Besoek die AA Reisgids webblad – www.aatravel.co.za – waar u as voornemende gas onmiddellike toegang het tot ‘n verskeidenheid van AA Kwaliteit gesertifiseerde instansies wat nog nie vol bespreek is vir die komende Desember vakansie nie. “Hierdie is Suid-Afrika se grootste aan-lyn akkommodasie- en toer-databasis,” sê AA Travel Guides se besturende direkteur, Vanessa Sand, “waar reisigers ‘n verskeidenheid van akkommodasie wat in hul behoeftes gaan voldoen kan vind. Die beste is dat geen kommissie betaalbaar is as besprekings gemaak word nie. Die webblad is innoverend, gebruikers-vriendelik en word gereeld opdateer.” Sy sê verder dat die “AA Quality Assurance’ program verseker dat reisigers kwaliteit behandeling by al die instansies wat die AA Quality Assured merk dra sal ondervind. “Hierdie betroubare kwaliteits aanwyser verskaf rus vir jou gemoed, selfs as jy op die nippertjie ‘n bespreking maak terwyl die keuse nie so groot is nie.” Hulle moedig ook persone aan, wat gedurende hierdie Desember van instansies op hulle webblad se dienste gebruik gemaak het, om terugvoering aan die webblad te lewer.