Sport

Limpopo Junior Jukskei na SA Skole

THABAZIMBI – Limpopo se junior Jukskeispelers ding teen al die ander provinsies mee in SA Skolekampioenskappe in Kroonstad van 1 tot 7 Desember. Op Saterdag 1 Desember vind die kompetisie vir dubbelspel plaas en op Maandag 3 Desember speel die spanne teen mekaar. Die deelnemers vir die Dogters Dubbels 0/19A is Ruzaan en Odette Kloppers en Dogters Dubbels 0/19B is Hannelie Kotze en Magret Cawood. Die Dubbels Gemeng 0/19A se span bestaan uit Marnel Botha en Willie Cawood en Dubbels Gemeng 0/19B uit Manaan Meyer en Fanus Genis. Die Dogters Dubbels 0/14A se span is Hermien Naudé en Daphne Liebenberg en 0/14 B Adri Marais en Denelle de Meyer. Die span vir Dubbels Gemeng 0/14A is Liza-Marié Geldenhuys en Kobus Esterhuizen en 0/14B is Benjamin Kruger en Juan-Marie Cawood. Die Seuns Dubbels 0/19A se span is Francois van Zyl en Karel Venter en 0/19B is Theunis le Grange en Hendry Venter. Die Seuns Dubbels 0/14A bestaan uit Gustaf de Beer en Werner Swanepoel en 0/14 B uit Jaco Botha en Morné Venter. Met die spanspel lyk die spanne soos volg. Die Dogter 0/19A het Ruzaan Kloppers (L), Marnel Botha, Odette Kloppers, Chantelle van Jaarsveld en Magret Cawood (Reserwe – Res) in die span. In die Dogters 0/19B speel Magret Cawood, Hannelie Kotze (L), Mariaan Meyer, Bianca vd Bergh en Suzaan Cloete (Res). Die twee spanne se afrigter is Daleen Kloppers en die spanbestuurder is Johan Kotze. Die Dogters 0/14A se span bestaan uit Daphne Liebenberg (L), Hermien Naudé, Liza-Marié Geldenhuys, Paula Kotzé en Adri Marais (Res). Die Dogters 0/14B is Adri Marais, Denelle de Meyer (L), Juan-Marié Cawood, Lizelle Cornelius en Nicola Kotzé (Res). Hul afrigter is Anton Botha en die spanbestuurder is Stefanie Cawood. Die Seuns 0/19A het Gericke Jordaan , Willie Cawood, Karel Venter, Francois van Zyl (L) en Theunis le Grange (Res) in sy span. Die Seuns 0/19B se span bestaan uit Dawid Naudé(L), Fanus Genis, Hendry Venter, Theunis le Grange en André Venter (Res). Hierdie twee spanne se afrigter is Hendrik de Beer en die spanbestuurder is Fanus Genis. Die Seuns 0/14A se span bestaan uit Kobus Esterhuizen, Claud Strauch, Werner Swanepoel en Gustaf de Beer (L) en Seuns 0/14B se span bestaan uit Stiaan de Nysschen, Benjamin Kruger, Morné Venter, Jaco Botha (L) en Evert Genis (Res). Hul afrigter is Francois Geldenhuys en hul spanbestuurder is Anja de Nysschen. Die hoofspanbestuurder vir die seuns is Martiens Vermaak en vir die dogters is Bossie Liebenberg. Die finansiële spanbestuurder Hennie de Beer.