Sport

Jukskei Uitslae – Limpopo eindig 3de

THABAZIMBI – Limpopo het derde geëindig in die Noordstreek Kampioenskappe wat Saterdag 3 November in Pretoria plaasgevind het. Sewe unies het deelgeneem. Vier spanne het silwer medaljes ontvang nl Span 1, 2, 4 en 6. Die spelers wat medaljes ontvang het was De Graaff Genis (L), Bossie Liebenberg, Chris Swanepoel, Karel Venter, Cois van Zyl (L), Ben Wentzel, Martin van Rensburg, Francois van Zyl, Bertus Els, Fanus Genis (L), Tannie Becker, Willie Esterhuizen, Paul Els (L), Willie Cawood, Daphne Liebenberg en Hermien Naudé. Drie brons medaljes is oorhandig aan Span 3, 5 en 7 onderskeidelik. Die spelers wat brons medaljes ontvang het, is Danie Stoltz (L), Brand Engelbrecht, Giel van Rooyen, Gericke Doman, Daan Botha (L), Pieter le Roux, Helen van Rooyen en Theunis le Grange. Span 8 het vierde en Span 9 vyfde geëindig. Die groottotaal plaas Gauteng Noord in die eerste plek (trofee), Oos-Limpopo Jukskei in die tweede plek en Limpopo in die derde plek. Limpopo jukskei spelers word uitgenooi na die ope-dag op Saterdag 17 November wat deur Mopanie Klub in Polokwane aangebied word om 08:00. Die Juniors wat Kroonstad toe gaan sal dan geleentheid kry om te speel. Vir verdere navrae kan Martiens Vermaak geskakel word by 084-880-8379.