Pizza Cabin kook (nie net kos nie)
THABAZIMBI – Lewendige optredes, jaareind-partytjies, spesiale middagetes (bar lunches) en goedkoop-sopie-ure is alles op die nuwe spyskaart van Pizza Cabin. Hier is alles in versnelrat sedert die eienaars van die afgelope 18 maande alleeneienaars geword het. Steven en Marionette Marais se eerste verrassing vir die inwoners van Thabazimbi en omgewing is ‘n lewendige orkes van Pretoia genaamd Guy Funk. Daarna sal elke naweek se vermaaklikheidsaktiwiteit op ‘n kennisgewing by Pizza Cabin aangebring word. Dié naweek se orkes tree op ter viering van Halloween op Vrydag 2 November op die stoep by Pizza Cabin. Spesiale “menu”-aanbiedinge sluit in gratis klein pizzas vir sekere disse wat bestel word op sekere dae. Woensdae heers Pizza Madness waar enige groot pizza wat bestel word ‘n klein gratis pizza insluit. Daagliks is daar goedkoop-sopie-uur tussen 17:00 en 18:00. Saterdae word spesiale kroegmiddagetes aangebied. Die stoep by Pizza Cabin word aangewend vir private geleenthede, soos herdenkings en jaareindpartye. Spyseniering vir privaatpartytjies word ook deur Pizza Cabin se kombuis gedoen. Vir meer besonderhede skakel Pizza Cabin by 014 772 2694.