General

Nuus vanaf Hoërskool Frikkie Meyer

“Ma, Juffrou sê as ek UGO wil slaag moet ek sorg dat ek elke dag hier is om ‘n goeie DAS-punt te kry. Ons moet ook GTA’s doen en eksamen skryf voor ek kan deurkom. O ja, ek moet lêers kry vir elke vak om my portefeulje-opdragte in te sit. Ek moet ‘n stuk harde karton kry vir ons Kuns-en Kultuurprojek en ma moet solank dink aan idees, ek moet ‘n brug bou vir Tegnologie! Ma, alles wat ek doen tel vir my DAS punt maar nou sê Johan dis nie so nie, ons eindeksamenpunt tel die meeste! Ek verstaan nie mooi nie want Linda sê die Onderwysdepartement het gesê dat ‘n graad 11 kind nie mag druip nie. Dit beteken mos ek hoef glad nie te werk nie!”. Onderwysers en leerders is goed aan die gang met Uitkomsgebaseerde Onderrig (UGO) of Outcomes Based Education (OBE). Vir baie van ons is die terme, begrippe en vakname wat gebruik word en selfs sekere opdragte (projekte) wat leerders ontvang vreemd. Dit werk so: Elke leerder het in elke leerarea (vak) ‘n portfeulje lêer. In hierdie lêer word alle opdragte, take en werkstukke wat deur die jaar vir punte in die bepaalde leerarea (vak) gedoen word, geliaseer. Dit is die leerder se verantwoordelikheid om te sorg dat elke werkstuk betyds ingehandig word en na assessering (beoordeling) in die lêer geliaseer word. Elke leerder se lêer word aan die einde van die jaar intern deur die betrokke leerarea (vak) se personeel gemodereer (gekontroleer). Graad 9 en graad 12 se portefeuljes word ook ekstern deur die Onderwys Departement gemodereer. Graad 8 en Graad 9 se DAS punt tel 75% van hulle totale jaarpunt. DAS staan vir Deurlopende Assessering / CASS- Continued Assessment. Dwarsdeur die jaar word werkopdragte en take gedoen, toetse geskryf en mondelinge gedoen wat punte tel – al hierdie werk word dus deurlopend (deur die jaar) geassesseer. These marks are combined and processed to a mark out of 75. Grade 8 final examinations count out of 25, bringing the final total to 100. Grade 8 examination papers are set internally by the teachers of the school. Soos genoem bestaan 75% van die graad 9 leerder se punte uit deurlopende assesseringspunte (DAS-punte/CASS marks). Die 25% wat oor is word bepaal deur die GTA-punt (Gemeenskaplike Take vir Assessering/ CTA – Common tasks for Assessment) wat aan die einde van die jaar voltooi word. GTA word verdeel in afdeling A en afdeling B. Section A consists of tasks which are received from the Department of Education at the end of the year and are completed in the classes. These tasks are comprised of work covered through the year. Section B consists of the examination paper which are set by the Department of Education. The marks obtained for section A and B are processed to a CTA mark (GTA-punt) out of 25 which is then add to the CASS mark (DAS-punt) out of 75 giving a year mark out of 100. By graad 10, 11 en 12 tel die deurlopende assesseringspunt (DAS-punt) slegs 25% en die eindeksamen 75%. Hulle totale punt word bereken deur die DAS-punt (25%) en die eindeksamenpunt (75%). The final examinations for Grade 10, 11 and 12 are set by the Education Department. Elke leerder moet nou meer as ooit baie hard werk. Papier is geduldig en uiteindelik is dit jou punte wat gaan bepaal of jy jou graad gaan slaag of nie. Elke leerder wat dwarsdeur die jaar sy deel doen sal met Uitkomsgebaseerde Onderrig aan die einde van die jaar die doelwitte waarvoor hy/sy gewerk het, behaal. Work hard. Paper is patient and your marks will determine whether you will pass your grade. Every learner who has worked hard throughout the year, will succeed through Outcomes Based Education in achieving the goals which he/she set. Sterkte ook aan die ouers met die eksamen tyd. Maak seker wanneer skryf u kind watter vak. Ondersteun en moedig hulle aan. Kontroleer of die kansvatters wel tuis besig is om te studeer wanneer hulle nie skryf nie. Sterkte aan elke leerder wat deur die jaar hard gewerk het. Dit sal, ook in hierdie eksamen goed gaan!