General

Mielies by die see en duik in NW?

All About Scuba

THABAZIMBI – Moenie dink dat meer as 1000km tussen Thabazimbi en die see ‘n mens behoort te stop om diepsee duik te doen nie. Vra maar vir Werner van der Berg van Thabazimbi wat saam met die All About Scuba-groep van Rustenburg by Sodwanabaai gaan duik het. Van 4 tot 7 Oktober het hierdie duikers die Mielies by die see en duik in NW? jaarlikse Mieliefees in Sodwana bygewoon, waar alle takke van All About Scuba bymekaar kom om hul kliënte en duikers te bedank vir hul ondersteuning. Tydens die Mieliefees het All About Scuba-klub van Rustenburg hul eerste bestaansjaar gevier. Die klub het elke maand ‘n byeenkoms, waar hulle na Miracle Waters, naby Brits, of Wondergat, naby Mafikeng, gaan vir hul duiksessies. Die hoogtepunt van die naweek was die seeduike! Hoewel dit bewolk was, kon dit nie die gees van die duikers demp nie. Almal het die geleentheid gehad om drie wonderlike duike te beleef. Daar was geduik by die “Two Mile” en die “Seven Mile” riwwe. Die koraalriwwe van Sodwana is van die mooiste en beste ter wêreld en is verklaar tot ‘n bewaringsreservaat. Die Mieliefees se tema hierdie jaar was Austen Powers. Daar was groot pryse vir al die deelnemers, onder andere vir die persone wat die meeste na Austen Powers gelyk het, asook die Volley Ball wenners. Daar was ‘n ook ‘n “MOJO”-skattejag en ‘n Noot-vir-Noot kompetisie.