Sport

Jukskei uitslae

THABAZIMBI – Thabazimbi 1 het eerste geëindig in die A-Afdeling tydens die Nylwyksbond-liga op Mookgopong Saterdag 27 Oktober. Twaalf spanne het mekaar aangevat in die Aen C-afdelings op Naboompark se bane. Ses spanne het deelgeneem aan die A-Afdeling. Thabazimbi 1 het eerste geëindig met 48,5 punte, Olifante van Groblersdal was tweede met 41 en Tarentale 1 was derde met 38 punte. In die C-Afdeling het ook 6 spanne deelgeneem en Naboompark het eerste geëindig met 47 punte. Tarentale 2 was tweede met 38,5 en Tarentale 1 derde met 27,5 punte. Op Saterdag 3 November vind die Noordstreek Kampioenskappe plaas op Gauteng Noord se bane in Rietfontein, Pretoria. Elke unie stuur 9 gemengde spanne en spelers moet reeds 7 uur aanmeld. Dan trek al die klubs van Limpopo Jukskei Unie op 10 November saam op Naboompark om 08:00 vir die Bondsliga. Vir navrae kan Bossie Liebenberg by 082-920-9070 geskakel word.