Golden Oldies nog vol fut
THABAZIMBI – Thabazimbi se “Goue Oue”-rugbyspan het stof in die oë geskop van ander ou Iscor sentrums se spanne tydens ‘n rugbytoernooi by Pretoria Technikon vroeg in Oktober. Thabazimbi het tydens die dag uitgestaan, nie net op die veld nie, maar ook wat die spelers se gedrag en voorkoms betref. Thabazimbi het met spanne van Pretoria en Newcastle afgereken en die masjien het soos van ouds gefunksioneer (net so bietjie stadiger). Die manne sê hulle voel bevoorreg om nogsteeds die gesondheid te geniet om aan so ‘n geleentheid te kan deelneem. Daar is gespeel en dan ook lekker gekuier, want van die ou rugby-vriende het mekaar jare laas gesien. Daar word beplan om ‘n soortgelyke dag tydens 2008 in Thabazimbi aan te bied. Die manne is baie dankbaar teenoor al die borge wat toerusting verskaf het.
