Bielie van die Bosveld loop goed af

THABAZIMBI – Die Bielie van die Bosveld wat die afgelope naweek gespeel is het goed afgeloop. Dit is net jammer dat daar nie meer spelers opgedaag het nie. Vrydag se Beterbal wenners was Alta Venter en Louise van Graan met 44 punte. Piet Venter en Mike Nortje was ook daar met nog ‘n 44 punte. Saterdag en Sondag was dit Slagspel en hier het die manne mekaar goed opgekeil. Uiteindelik is dit Jan-Floris van der Wateren wat met ‘n bruto telling van 151 as die wenner uit die stryd tree. Verlede jaar se wenner, Stephan Hattingh van Mogol was kort op sy hakke met 152. Die Interaksie finaal wat Saterdag 3 November sou plaasvind moes ongelukkig uitgestel word. Dit word nou na vroeg volgende jaar verskuif. Ons sal u op datum hou van die datum en reëlings. Die voorgeerekenaar is nou in volle werking, en spelers sal vanaf volgende maand, November, hulle kaarte maar elke keer gereed moet hou om te speel. Dit is nou so dat die dissipline rondom die voorgee-kaart landwyd geïmple- menteer word en spelers moet maar die kaart by hulle ander kaarte in die beursie hou. Dit gaan dit vir ons almal makliker maak en u dalk ‘n onaangename verleentheid spaar. Die gedrukte lys van die voorgees wat elke maand op die kennisgewingbord aangebring word raak nou uitgedien omdat die rekenaar gereeld u voorgee deur die maand kan aanpas indien u ‘n telling inlees wat dit regverdig. Die ampte- like voorgee sal dus nou altyd die een wees wat die rekenaar u wys voordat u afslaan. NGN het die klub verseker dat die nuwe kaarte binne dae hier sal wees. Doen maar gereeld navraag by die klub. U sal ook vir ontvangs van die nuwe kaart moet teken.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.