Verkragter-moordenaar kry lewenslank
LEPHALALE – Die verkragter en moordenaar van die 10-jarige Celine Oosthuizen van Setaria, is tot lewenslank gevangenisstraf gevonnis sonder enige parool vir die volgende 20 jaar. Die saak het in Lephalale voor die hof gekom alhoewel die misdaad in die jurisduksie van die Thabazimbi magistraatsgebied plaasgevind het. Talle vrouens het tydens sy verhoor op Thabazimbi by die hofgebou opgedaag om te betoog teen enige borg. Die moordenaar, wat volgens foto’s in Beeld, bietjie meer gewig aangesit het sedert sy hofverskyning in Thabazimbi, het heel ontspanne voorgekom. Thiart Albertus Schannell (42), het in detail getuig hoe hy die 10-jarige meisie verkrag en vermoor het. Hy, volgens dr Irma Labuschagne, ‘n kriminiloog, verag homself vir wat hy gedoen het. Schannell is die dag nadat Celine verdwyn het by sy werk in hegtenis geneem. Celine het die betrokke dag waarop sy verdwyn het, TV speletjies by Schannell (haar oom) se huis gespeel. Hy was in 1999 ook skuldig bevind op ‘n klag van aanranding om ernstig te beseer. Hy is volgens berigte deur sy huilende ma bygestaan.