Stoeiers vaar goed op SA Kampioenskappe

SETARIA- Die Rhino stoeiklub van Northam Platinum myn het twee stoeiers wat mee rekening gehou moet word. Die twee stoeiers, Tienie Smit en Michelle Smit, is albei juniors en het reeds provinsiale kleure verwerf in die sport. Beide van hulle is leerlinge van Laerskool Thabazimbi. Die twee het aan die SA Junior Kampioenskappe, wat vanaf 28 tot 29 September 2007 te Benoni aangebied is, deelgeneem. Die stoeiers moes deur die jaar aan die streek kampioenskappe deelneem om in aanmerking geneem te word vir die SA’s. Stoeiers kan slegs op uitnodiging aan die SA’s deelneem. Hulle het met gemengde welslae terug huis toe gekom. Alhoewel hulle nie gewen het nie, is hulle name op die ranglys van Suid Afrika. Die seisoen staan nou einde se kant toe, maar as daar enige navrae is kan Lisa Smit gekontak word vir verdere inligting by 082 729 8951.